EDEN-DISTRIK NUUSFLITS - Oudtshoorn-munisipaliteit is vanjaar die gasheer van die prestige EDEN-sportraadtoekkennings wat Vrydagaand 27 Julie plaasvind.
Eden-sportraad en die departement van kultuursake en sport (DKES) is die ander ankervennote vir die geleentheid.
Die organiseerders het ook daarin geslaag om Ashwin Willemse, oud-Springbok rugbyspeler en SuperSport-aanbieder as gasspreker te bekom. Die amptelike sluitingsdatum was reeds 22 Junie en ’n getal van 191 nominasies van hoogstaande gehalte, is vir die 31 kategorië van 30 federasies ontvang.
In sommige kategoriës is meer as 10 nominasies, waarvan die meeste al Suid-Afrika verteenwoordig het, ontvang.
Die wenners van die kategorieë wat in ooreenstemming is met die van Wes-Kaap, word outomatiese finaliste vir die Wes-Kaap sporttoekennings wat op 25 Augustus plaasvind.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'