RIVERSDAL NUUS - Riversdal se motorregistrasie kantoor sal tussen 10 – 13 Augustus slegs beperkte diens kan lewer as gevolg van ‘n positiewe Covid-19-geval.
Die Heidelberg-kantoor sal vir dié tydperk gesluit wees.
Slegs die volgende dienste sal op Riversdal beskikbaar wees:
- Alle motor registrasie transaksies
- Hernuwing van voertuig lisensies
- Padwaardigheids transaskies
Geen hernuwing van bestuurslisensies en profesionele bestuurspermitte sal hanteer word nie.
Die volgende dienste is vir die bogenoemde tydperk nie beskikbaar nie:
- Aansoek vir leerling- of bestuurslisensies
- Hernuwing van bestuurslisensies
- Aansoek vir proffesionele bestuurspermit.
Transaksies word beperk tot een transaksie per kliënt.
Alle leerling- en bestuurstoetse gaan voort soos reeds geskeduleer.
Hessequa-munisipaliteit vra die gemeenskap om geduldig te wees, omdat die kantoor met beperkte personeel moet funksioneer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'