ALBERTINIA NUUS - 'n Agt-en-dertigjarige-jarige man van Albertinia is Vrydag, 28 Mei in hegtenis geneem vir huisbraak, huisbraakimplemente, rig van vuurwapen, besit van 'n gevaarlike wapen, sowel as besit van gesteelde goedere.
"'n Klagte van 'n huisbraak op 'n plaas in die Albertinia-distrik is ontvang. Die plaaswag het flink met die polisie saamgewerk en sodoende is die oortreder in hegtenis geneem en die gesteelde goed is teruggevind," het sers Ciska Badenhorst, polisiekommunikasiebeampte gesê.
Die stasiebevelvoerder, kapt Susan Botha bedank die lede van die plaaswag vir hulle knap optrede.
Die lede verantwoordelik vir die inhegtenisname is konstabels Logan Stoffels en Bradlley Volkwyn, onder leiding van ao Jolene van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'