Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - André Koen van Riversdal neem vanjaar vir die vyfde keer aan die Outeniqua-rolstoelwedren in George deel.
Hy is die afgelope 30 jaar ’n kwadrupleeg, maar hy laat nie toe dat omstandighede hom onderkry nie.
Deelname aan die wedren oor 42 km is vir hom ’n uitdaging wat hom motiveer om elke dag hard te oefen, na sy gesondheid om te sien en om sodoende voluit te leef.
Kyk 'n video hieronder:
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'