Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Sammajoor Pieter van Rooyen (55) van Heidelberg is Saterdag, 18 September te ruste gelê na hy op Dinsdag, 7 September in die Wynberg Militêre-hospitaal aan longontsteking gesterf het.
Van Rooyen, alombekend as "Pieter Kat" in sy tuisdorp, was vir nagenoeg 37 jaar in die Weermag werksaam.
Hy was die vierde oudste van sewe kinders, waarvan hy drie susters en twee broers agterlaat.
Ongeveer 200 roubeklaers het die verrigtinge bygewoon wat eers met 'n gewone kerkdiens, gelei deur eerwaarde Chassley Fredericks van St Barnabas Anglikaanse kerk en daarna deur 'n amptelike weermag afskeidsdiens. Kapelaan FBPT Neulenbeld het die diens by die huis gelei, asook die ter aardbestelling behartig.
Kyk 'n video hieronder:
Weermaglede toon hul laaste eer aan hul ontslape kollega. Foto: Clive Pretorius
'n Deel van die groot groep wat die begrafnisdiens bygewoon het.
Wyle sammajoor Pieter van Rooyen. Foto verskaf
Vorige artikel: Weermag neem afskeid van Sammajoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus