Gallery
RIVERSDAL NUUS - “Ek is eintlik ‘n kluisenaar. Ek geniet privaatheid en is op my gelukkigste wanneer ek net my eie ding kan doen.”
Dit is die woorde van Riversdal-kunstenaar, Marilise Lombard.
Sy praat nie graag en maklik oor haarself nie. Maar as sy ‘n collage-kunswerk van haarself moes maak, sou sy die teksture van klippe en die natuurlike, rykste kleure in rotsformasies en waterpoele en grond gebruik.
Marilise, ‘n nooi Mentz, is in 1959 gebore en het in 1977 aan die Hoërskool Zwartberg op Prins Albert gematrikuleer, waarna sy 'n onderwysgraad in huishoudkunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en vier jaar lank by die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein 'n onderwyser was.
Fotogalery: Riversdal-kunstenaar Marilise Lombard
Hulle bou nou al vyf jaar lank aan hul huis; steen vir steen, self. “Party mense beskryf ons plek as ‘n shack. Dit gaan maar stadig, maar uiteindelik sal dié pondok óns paleis wees. Dit verg baie opofferinge en aanpassings om alles self te doen. Maar ons pas ons daarby aan en ons leef onsself ten volle hierin uit!”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'