STILBAAI NUUS - Om die ouderdom van 103 te bereik is nie baie mense beskore nie, maar Babs Vermaak van Huis Lekkerbly op Stilbaai het wel dié besondere mylpaal gehaal.
Sy het Saterdag, 15 Augustus haar verjaarsdag gevier.
Volgens tehuisbestuurder Madré Hansen het sy die dag heerlik saam met familie en personeel van Huis Lekkerbly deurgebring. Sy geniet nog goeie gesondheid.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'