ALBERTINIA NUUS - 'n Petisie teen die stygende geweld teen vroue en kinders, asook misdaad in dié gemeenskap is deur Albertinia-plaaswag, in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisieforum (GPF) opgestel.
Meer as 400 inwoners het die petisie onderteken.
"Dit is kommerwekkend dat misdadigers van geweld teenoor vrouens en kinders so ligtelik daarvan afkom as gevolg van verskeie redes," het beide Johan Wessels, Albertinia-plaaswag voorsitter en Nita Wessels, GPF-voorsitter genoem.
Die gemeenskap pleit dat die staatsaanklaer en landdros hulle volle mag agter die slagoffers sal sit om die skuldiges die hoogste straf op te lê.
Die staatsaanklaer, me Nontsikelelo Tyeke het die pleidooie aangehoor en die petisie namens Albertinia-landdroshof ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'