Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Biblioteekpersoneel mis hul meer senior besoekers só dat hulle vir Mandeladag 'n sang-en dansprogram by tehuise op Riversdal gedoen het.
Ursula Oosthuizen, bestuurder van Hessequa biblioteekdienste sê die idee, inhoud van die program en choreografie was alles personeellede se inisiatief.
Die groep het Vrydagoggend, 17 Julie eers die inwoners van Jan Lange verras, waarna hulle die program by Ou Meule herhaal het.
Inwoners het in die wintersonnetjie oral in die tuin gesit terwyl Melanie Cloete (bestuurder, Riversdal-biblioteek) en haar span gesing, gedans en voorgelees het.
Oosthuizen sê die gedagte agter die besoeke was om die bejaardes te verseker hulle word gemis. "Ons hoop ons sal hulle binnekort weer kan verwelkom om boeke uit te neem."
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'