Persone word gewaarsku om toe te sien dat hulle juweliersware en ander waardevolle besittings in kluise bêre en nie enige vreemde persone in hul huise toelaat nie.
"Maak ook seker wie julle in diens neem," waarsku a.o. Alroy Windvogel, polisie skakelbeampte. Volgens hom gebeur dit die afgelope tyd dikwels dat daar mense van die stede kom om juweliersware op te koop.
'n Spesiale versoek word gerig dat indien sulke persone by jou huis aandoen, om die polisie onmiddelik te kontak. Sodoende kan jy ook verhoed dat gesteelde juweliersware uit die dorp gaan.
*IN SHORT
Jewelery to the value of approximately R46 240 were stolen from a residence in Heidelberg. Residents are reminded to make sure valuables are secured properly. The case is currently under investigation.

Die duur ringe word dringend gesoek. 'n Beloning sal betaal word vir positiewe inligting en suksesvolle vervolging van die skuldiges. Foto: Verskaf