Update
TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Tydens die maandelikse sterilisasieveldtog op Woensdag, 11 November deur die dierebeskermingsvereniging (DBV) van Mosselbaai op Albertinia, is 27 honde en vier katte ingeënt en vyf behandelings toegepas.
Volgens Ilse Wyatt-Goodall word die sterilisasies soggens gedoen en die diere word later die middag na Albertinia vir die inentings teruggebring.
Die meeste inentings wat al in dié dorp gedoen was, is 52 diere binne twee en 'n half uur. Hazel Manches is Ilse se regterhand en maak seker alles verloop glad.
Kostes beloop R200 vir inenting. Om 'n reun te steriliseer kos R400 en R450 vir 'n tefie. Back-a-Buddy is 'n fondsinsamelingsprojek wat mense help wat dit nie kan bekostig om hul diere te laat steriliseer of inent nie.
Tinka Smal het die insiatief op die been gebring en Lettie Coetzee stel elke maand haar perseel vir die geleentheid oop.
Vorige artikel: DBV Mosselbaai besoek Albertinia:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'