RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het 25 goud+, 37 goud, 21 silwer en 9 brons tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod verower wat onlangs plaasgevind het.
'n Totaal van 59 leerders het aan 92 items deelgeneem.
Nadia Enslin en Niah Bahnsen het goud+ (90% en hoër) in al die items waarvoor hulle ingeskryf, behaal.
Graad 8- tot 12-leerders wat goud+ in van hulle items gekry het is agter, van links: Bianca Lombaard, Anouska Fouché, Iné Lourens, Nadia Enslin, Charné Snyman en Esmé de Wet. Voor: Johané Gerber, Skye Luüs, Marlé van Wyk, Radandt Malherbe, Caila Christie, Christel Jooste en Anja du Toit.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'