HESSEQUA NUUS - Die Korentepoortdam in die Hessequa-streek het oor die afgelope twee weke met 6% gedaal en die Duivenhoksdam in Heidelberg met 7,3% in dieselfde tydperk.
Die Olive Grovedam in Stilbaai het met 3% gestyg en Jongensfonteindam het konstant gebly.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Stand van damme soos op 14 Februarie 2022:
- Korentepoortdam = 87% met 5mm reën
- Duivenhoksdam = 88,4%
- Olive Grovedam = 93%
- Jongensfontein dam = 100%
LEES MEER: Strenger waterbeperkings ingestel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'