HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 31 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet, maar het die damvlak van 91% tot 89% geval.
Die Olive Grovedam het met 2% na 62% gestyg terwyl die ander damvlakke in die Hessequa-streek konstant gebly het.
Die jongste stand van damme is soos volg
12 Oktober
- Korentepoortdam - 91%
- Duivenhoksdam - 92,4%
- Olive Grovedam - 60%
- Jongensfonteindam - 100%
17 Oktober
- Korentepoortdam - 89%
- Duivenhoksdam - 92,4%
- Olive Grovedam - 62%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'