ALBERTINIA NUUS - Die stadsaal was volgepak met lekkernye toe Albertinia-versorgingsdienste hulle jaarlikse kermis op Vrydag 11 Mei gehou het.
Die kermis het 11:00 amptelik geopen, maar vanaf 10:30 was mense al sterk aan die koop. Teen 14:00 was feitlik alles uitverkoop. Vanjaar se tema was 'Oh, my hat' en 'n klompie vrouens het met hulle handgemaakte hoede gepronk.
Pannekoek, pasteie, kerrie-en-rys, koeke, terte, vars groente en vele meer was op die tafels beskikbaar en kopers en verkopers het gesellig verkeer.
Al die vrywilligers wat gehelp het, asook die plaaslike gemeenskap word bedank vir hulle ondersteuning.
*Albertinia Nursing Home held their annual bazaar on Friday 11 May int he city hall. The theme was 'Oh, my hat' and some of the ladies wore their handmade hats.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'