HESSEQUA NUUS - CANSA is op soek na vrywilligers wat bereid is om te help met fondswerwing en by die CANSA projekte betrokke te raak.
Vrywilligers op Albertinia, Gouritsmond, Stilbaai, Riversdal en Heidelberg word benodig.
Projekte sluit in Toktokkie, Koppie vir CANSA, Hessequa Relay For Life (Riversdal), Sanlam Cancer Challenge (grootste amateur gholftoernooi in die wêreld), borskankerstap, Shavathon en streeksprojekte.
Belangstellendes kan Minette van Zyl by 082 443 3601 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'