Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Daar is by die kantore en verkoelingsfasiliteit van die forensiese patologie-eenheid by die Riversdal-hospitaal ingebreek.
Verskeie waardevolle items is uit die kantore gesteel en daar is met 'n liggaam gepeuter.
Die voorval het tussen 21:00 Vrydag 29 November en 09:00 Sondag 1 Desember gebeur.
Die saak word ondersoek.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'