RIVERSDAL NUUS - Die stygende misdaadsyfer, veral in dié dorp is 'n groot bron van kommer en maniere om dit te probeer voorkom, is onder die soeklig geplaas.
Die middedorp en omliggende gebied loop veral deur, maar volgens Emor Nel van Aalwynfleur Buurtwag het misdaad in die gebied waar 'n werkende buurtwagstelsel is, afgeneem.
"Ons moedig dus inwoners en sakelui aan om betrokke met die stigting van buurtwaggroepe betrokke te raak in gebiede waar dit nog nie bestaan nie," vra sy.
'n Inligtingsessie hieroor vind Maandag 23 Oktober in die burgersentrum om 18.00 plaas.
Skakel Nel by 082 459 08889 vir verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'