- In die Hawegebied word tans gekonsentreer op roekose bestuur en die identifisering van gevaarsones.
- In Kloofsig word inwoners gevra om 'n eenmalige bydrae van R50 te maak.
- Belangstelling in die buurtwag van Melkhoutfontein kwyn om verskillende redes. Die polisie se afdelings Visuele Polisëring en Sub-sektorpolisiëring, in oorleg met die buurtwag en GPF, skenk hieraan aandag.
- Palinggatoord is in vier sones verdeel. 'n Opname van siekes, bedlêendes en hulpbehoewendes word tans gedoen.
- Platbosch is in 15 blokke ingedeel waarvan 13 reeds onder leiding van die blokleiers aktief en funksioneel is.
- In die Preekstoelgebied is alles stil en rustig – daar is net twee permanente inwoners.
- In Stilbaai Hoogte werk die drie kommunikasiekanale en -middels, naamlik WhatsApp, die Facebook-bladsy en 'n e-pos-stelsel bevredigend. Inwoners is veral in hulle skik met beurtkrag-aangeleenthede wat Dries de Beer gereeld en op datum onder hulle aandag bring.