Update
STILBAAI NUUS - Die Busy Lizzy huis- en tuinbouklub het 'n plantprojek by die gemeenskapsaal op Stilbaai van stapel gestuur.
Die doel van hierdie projek is om verfraaiing in die gemeenskap en 'n verbintenis tot die versorging van die omgewing te bewerkstellig.
Christa Kunz, Helena le Roux en Manie Smith het op 30 Mei die projek begin en Hessequa-munisipaliteit was behulpsaam met die fisiese arbeid en die verskaffing van die beenmeel en kompos.
Ongeveer 20 Outeniqua-geelhout, 40 clivia miniata, 20 Kaapse essenhout, swartolienhout- en witstinkhoutbome is rondom die gemeenskapsaal geplant.
Die klub het twee sirkelvormige blombeddings afgemeet waarin geharde inheemse struike en grondbedekkers geplant gaan word. Johan Jacobs, munisipale bestuurder het hulle bedank vir hierdie wonderlike projek.
"Die gesindheid waarin die verfraaiing plaasvind is prysenswaardig. Hessequa is bevoorreg om gemeenskapsorganisasies te hê wat belangstel om die omgewing te verbeter en deel te neem aan projekte tot voordeel van alle inwoners en besoekers."
Die klub het twee sirkelvormige blombeddings afgemeet waarin geharde inheemse struike en grondbedekkers geplant word.
Klippe is uitgehaal en met grond en struike vervang.
Lees 'n vorige artikel: Busy Lizzy verfraai Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'