HESSEQUA NUUS - Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit het met afgryse reageer op nuus dat verskeie beskuldigdes binne Hessequa se howe op klagtes van seksmisdrywe teregstaan.
“Ek deel my kommer met almal binne Hessequa oor die groeiende seksmisdrywe wat die afgelope tyd in ons streek voorkom,” het Riddles gesê.
Hy het sy simpatie teenoor al die slagoffers en hul families vir die pyn en lyding uitgespreek. “Hoewel dit nie die pyn sal wegneem nie, is dit verblydend om te verneem dat talle van hierdie sake reeds voor die howe dien.”
Hy het aangevoer dat seksuele aanranding en geslagsgebaseerde geweld teenoor ons vroue en kinders ten sterkste veroordeel moet word.
Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap-Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'