STILBAAI NUUS - Ten spyte van die slegte weer en ander aktiwiteite in Stilbaai het 51 stalletjiehouers en inwoners Saterdagoggend, 18 Junie na die Brugmark gestroom.
Volgens Jenny Book, wat in beheer van die stalletjies is, beoog hulle om nog sowat 10 stalletjies by die bestaandes te voeg.
PC Oosthuizen, voorsitter van die Brugmarkkomitee, is baie opgewonde met al die verwikkelinge en is veral trots op die groot onderdakarea wat opgerig word.
Die Brugmark is elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 gereed vir besigheid.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'