Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die legendariese Comrades-atleet, Bruce Fordyce (66) het Stilbaai die afgelope naweek besoek.
Bruce was Vrydagaand, 27 Mei by die plaaslike rolbalklub om sy boek, Winged Messenger aan Stilbaaiers bekend te stel.
Volgens hom het hy die boek geskryf as 'n gids vir atlete wat vir die eerste keer aan 'n Comrades deelneem.
Bruce, die vader van Parkrun SA het Saterdagoggend die koue en mistige weer trotseer om ten spyte van 'n gebreekte fibula (die been langs jou skeenbeen), te stap saam met 'n groot aantal geesdriftige drawwers en stappers.
Video: Bruce Fordyce in Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'