RIVERSDAL NUUS - 'n Huisbrand op Maandag, 22 Maart het 'n lelike nadraai gehad toe inwoners 'n brandweerman met 'n baksteen gegooi het. Dit het daartoe gelei dat hy sy enkel verstuit het.
Volgens Didi Budricks, mediawoord-voerder van Hessequa-munisipaliteit was die brand in Vygielaan, Riversdal omstreeks 22:36 aangemeld en die brandweerdiens is om 22:39 ontplooi. Hulle het teen 22:54 op die toneel gearriveer.
Met hul aankoms was die informele struktuur egter reeds uitgebrand en het die inwoners hul misnoeë met die reaksietyd van die brandweerdiens te kenne gegee deur 'n brandweerman met baksteen te gooi.
"Die munisipaliteit veroordeel hierdie tipe gedrag, omdat dit sal veroorsaak dat die brandweer sekere gebiede nie sonder begeleiding en beveiliging sal kan binnegaan nie. Dit kan tot groter skade of selfs lewensverlies lei," het Budricks gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'