Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - 'n Veldbrand is besig om aan beide oewers van die Goukourivier buite Riversdal te woed vandag, Saterdag 9 Januarie.
Verskeie brandweervoertuie en personeel is op die toneel besig om die vlamme onder beheer te probeer bring.
Boere vanuit die distrik is ook vrywillig besig om met die brandbestryding te help.
Die brandbestryders se taak word deur erge hitte en 'n redelike sterk wind bemoeilik.
Kyk 'n video hieronder:
Die brandbestryders se taak word deur erge hitte en 'n redelike sterk wind bemoeilik.
Foto's: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'