HESSEQUA NUUS - ‘n Brand het vanmiddag (4 Februarie) om ongeveer 14:45 naby Swartklip op die N2, 11 kilometer na Albertinia op die padreserwe ontstaan.
Albertinia Working on Fire (WoF) en Afriforum se Albertinia-plaaswag het onmiddellik mobiliseer en binne vyf minute die vuur onder beheer gebring, voor enige saaigrond en weiding skade kon kry.
Hulle bedank die inwoner wat hulle in kennis gestel het sodat spoedig en effektief opgetree kon word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'