HEiDELBERG NUUS - Die dorp is gisteraand (Maandag 23 Januarie) diep geruk toe 'n brand 'n gesin van Diepkloof se huis verwoes en hul negejarige seun se lewe geëis het.
Die seun was 'n leerder aan De Waalville Primêr.
Die brand, wat moontlik deur 'n kortsluiting veroorsaak is, het glo net voor 12:00 uitgebreek.
Die ouers en hul drie ander kinders kon gelukkig ongedeerd uit die brandende huis wegkom.
Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'