Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Inwoners en die polisie het gisteraand (Saterdag, 20 Maart) reeds 'n brand onder beheer gehad toe die brandweer opdaag - nadat 'n informele woonstruktuur op 'n erf naby die Riverville-sportterrein vlamgevat het.
Volgens 'n ooggetuie, Lourens Moses (wat die voorval op die gepaardgaande beeldmateriaal vasgelê het) was die polisie gou op die toneel.
Die brandweer was egter, na bewering, elders om 'n brand te blus na 'n trok aan die brand geslaan het en kon dus nie onmiddellik reageer nie.
Inwoners is nou bekommerd dat die plaaslike brandweer nie oor die nodige ondersteuning-hulpbronne beskik om meer as een brand tegelykertyd te kan beheer nie.
Niemand was ten tyde van die voorval tuis nie en niemand is beseer nie.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'