HEIDELBERG NUUS - 'n Brand wat omstreeks 12:00 naby die N2 by Heidelberg gewoed het, is onder beheer.
Die N2 was geruime tyd gesluit en verkeer is deur die dorp herlei.
Die N2 is pas oopgestel, sê ao. Alroy Windvogel, polisiewoordvoerder.
Brandweerpersoneel is vir rookinaseming behandel.
Die oorsaak van die brand is onbekend.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'