RIVERSDAL NUUS - Goukam Health APD, subafdeling van Western Cape Association for Persons with Disabilities, het op Maandag 13 September hulle algemene jaarvergadering gehou.
Kantoorhoof Illze Olivier het die vergadering gelei en gesê 2020 was 'n hartseer jaar vir Goukam Health.
Dr Alison Madden is op 18 Desember 2020 oorlede na 'n kort siekbed. "Dr Madden was 'n groot boom in my lewe wat geval het en ek het haar vandag nodig maar sy is nie meer daar nie," het Olivier gesê.
Covid-19 is ook 'n remskoen en minder pasiënte is opgeneem.
Goukam Health APD fokus op gestremde persone in Hessequa en die primêre fokus is om gesinne te bemagtig om herintegrasie van die gestremde persoon in die gemeenskap te vergemaklik.
Die projek bied gestremde persone vaardigheidsopleiding, gedragsverandering, gesinsopvoeding en sosiale herintegrasie asook versorging, 'n professionele suster, maatskaplike werkers en arbeidsterapie.
Sien nog foto's en lees meer in Vrydag se koerant.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'