Update
VERMAAKLIKHEID NUUS - 'n Boetie en sussie, onderskeidelik drie en 14 jaar oud, het op 17 Maart in 'n brand op Vermaaklikheid omgekom.
Die voorval het ongeveer 01:40 gebeur.
Volgens sers Christiaan Jansen, Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte, het die ma, wat in Melrose Place bly, iemand gekry om hulle na Vermaaklikheid te neem waar haar neef en sy meisie bly om te gaan kuier.
"Hulle het in die nag wakker geword en rook geruik. By verdere ondersoek het hulle gesien dat die boonste vertrek aan die brand is. Hulle kon betyds uitkom, maar die vlamme was blykbaar te erg en kon hulle nie die kinders op die boonste verdieping uitkry nie," het hy gesê.
Die brandweer en ander nooddienste was volgens hom redelik gou op die toneel, maar dit was te laat om die kinders te red.
Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie, maar die saak word ondersoek.
Vorige artikel: 2 Kinders kom in brand om
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'