RIVERSDAL NUUS - De Oude Kelder wil graag hê die Riversdal-gemeenskap moet voel dat hulle gaan kuier by familie wanneer hulle dié restaurant besoek.
Hul missie is om terug te gee aan die gemeenskap, veral aan die ouer mense wat gewoond was aan ou tradisionele kos en boerbrode.
Daarom het hulle besluit om hul tuis-gemaakte boerbrode te skenk aan Droom se twee tehuise: Ou Meule en Jan Lange.
Vir elke tiende brood wat hulle verkoop, skenk hulle twee vir hierdie ouetehuise.
Hierdie was die restaurant se tweede skenking hierdie jaar, maar met die gemeenskap se ondersteuning is dit vir seker nie die laaste nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’