HEIDELBERG NUUS - Die jaarlikse Lentedans is Saterdag 1 September by die dorp se skougronde aangebied.
Chantell van Staden, organiseerder het gesê: "Dit was 'n reusesukses en wonderlike aand. Vir meeste van die gaste was dit baie pret en ons glo almal het dit geniet."
Tiekiedraai en spitbraai het gaste vermaak, maar die grootste belangstelling was by die skoonheidskompetisie. 'n Lentebloeisel, Mevrou, Meneer en Mejuffrou Lente is aangewys.
Bianca Swart is as Lentebloeisel aangewys, Kayla Vaaltyn was eerste prinses en Deidre Groenewald tweede prinses.
Mevrou Lente is Teresa van Dyk, met Aletta Sutherland in die tweede plek en Tanya Kleinhans derde.
Stiaan Meyer is as Meneer Lente gekroon, met Phillipus Meyer as eerste prins en Gideon Gouws tweede prins.
Gaste het die meeste na die kroning van Mejuffrou-Lente uitgesien. Cindy Meyer het met dié kroon weggestap, Riandri Oosthuizen was eerste prinses en Erika Wentzel tweede prinses.
Van links is Riandri Oosthuizen (eerste prinses), Cindy Meyer (Mejuffrou Lente) en Erika Wentzel (tweede prinses).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'