HESSEQUA NUUS - Joú bloed kan iemand se lewe help red, daarom doen die Wes-Kaap Bloeddiens op die gemeenskap om op die datums soos hieronder bloed te gaan skenk.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloedskenkklinieke:
Riversdal in die Thusong-sentrum tussen 14:00 - 18:45
- 6 Oktober
- 10 November
Stilbaai in die gemeenskapsysaal tussen 12:00 – 15:00
- 13 Oktober
- 15 Desember
Heidelberg in die stadsaal, Van Riebeeckstraat tussen 12:00 – 17:30
- 14 November
Albertinia in die stadsaal, Hoofstraat tussen 14:00 – 18:00
- 29 November
Neem kennis dat die datums hierbo bevestig is, maar dat daar wel soms veranderinge kan kom. Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'