HESSEQUA NUUS - Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekking van die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB), sê hulle wil alle geskikte en potensiële bloedskenkers aanmoedig om bloed te skenk.
"Jy kan tot drie lewens red met slegs een skenking. Ondersteun die WKB, want ons ondervind 'n groot tekort in sekere bloedgroepe."
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloeddiensklinieke is:
- 11 Julie - Heidelberg-stadsaal vanaf 12:00 – 17:30.
- 14 Julie - Riversdal-ouditorium vanaf 14:00 - 18:45.
- 26 Julie - Albertinia-stadsaal vanaf 14:00 – 18:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae ná jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'