HESSEQUA NUUS - Gedurende Junie vier die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) Nasionale Bloedskenkermaand. In hierdie maand streef die WKB daarna om mense bewus te maak van die belangrikheid van bloedskenking en die merkwaardige daad om lewens te red deur bloed te skenk.
Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekking van WKB, sê hulle moedig alle geskikte en potensiële bloedskenkers aan om nasionale bloedskenkermaand te vier deur die grootste geskenk hierdie jaar te gee en tot drie lewens met slegs een skenking te red.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloedskenkklinieke
- 11 Julie - Heidelberg-stadsaal vanaf 12:00 - 17:30.
- 14 Julie - Riversdal-ouditorium vanaf 14:00 - 18:45.
- 26 Julie - Albertinia-stadsaal vanaf 14:00 - 18:00.
Indien jy met Covid-19 gediagnoseer word binne 28 dae ná jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'