HESSEQUA NUUS - Die volgende bloedskenkingskliniek op Stilbaai is Donderdag, 18 Junie.
Persone wat wil bloed skenk, se hande sal by die ingang met ontsmettingsmiddel gesteriliseer word.
Die personeel se hande sal ook voor en na kontak met elke skenker gesteriliseer word. Die beddens sal die verlangde afstand van mekaar geplaas wees.
"Moenie bloed skenk indien jy kontak gehad het, of vermoed dat jy kontak met 'n persoon gehad het wat met Covid-19 gediagnoseer is, of die vermoede bestaan dat die persoon die virus onder lede mag hê," vra Arlecia November van die Wes-Kaap Bloeddiens.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae ná jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319, 507 6320 of 507 6329).
Daar kan ook op die volgende dae op die volgende plekke bloed geskenk word:
- 25 Junie - Riversdal.
- 30 Junie - Danabaai.
- 20 Julie - Fraaiuitsig.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'