STILBAAI NUUS - Die projek om indringerplante op Stilbaai en omgewing uit te roei word ywerig ondersteun.
Volgens dr. Deon Begemann van die Stilbaai-bewaringstrust het 20 volwassenes en vier kinders, ten spyte van triestige weer, vir Saterdag 17 Augustus se kapsessie opgedaag.
Die kappers het reeds op vier hektaar van erf 657 oorkant die Stilbaai-munisipaliteit met rooipitjie en Port Jacksons klaargespeel. Turksvye bly egter 'n groot probleem. Daar word beoog om by volgende projekte kruiwaens vir die wegry van turksvyblaaie beskikbaar te hê.
Die volgende sessie sal op 14 September plaasvind. Belangstellendes kan Ugo Hiddema by 082 373 0823 skakel of 'n e-pos na u.s.hiddema@vodamail.co.za stuur.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'