STILBAAI NUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens is môre (19 Augustus) op Stilbaai.
Die bloedskenkkliniek sal weer in die gemeenskapsaal gehou word vanaf 12:00 tot 15:00.
As jy graag iemand anders wil help en selfs ‘n lewe wil help red, is die oplossing eenvoudig: Gaan skenk bloed.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'