Gallery
STILBAAI NUUS - ‘n Paar ou motors is behoorlik opgepoets voor hulle Saterdag 28 Oktober uit die motorhuise getrek is om by Lappiesbaai bymekaar te kom sodat motorliefhebbers hulle van nader kon aanskou.
Dit is reeds die vierde saamtrek van sy soort hier.
Volgens die organiseerder, Johan Beetge is die doel van dié dag nie net om die motors uit te stal nie, maar om die eienaars te kry om hul voertuie ook bietjie te ry.
Heelwat ou motor-eienaars van Riversdal was ook by die byeenkoms.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'