HESSEQUA NUUS - Die munisipaliteit gun inwoners ’n blaaskans met rekeningbetalings.
Volgens ’n persverklaring word uitstel vir die betaal van die Maart-rekeninge tot 15 Mei gegee en geen rente sal gehef word nie.
Enige verbruikers wat ’n rentevrye afbetalingsooreenkoms met die munisipaliteit om agterstallige gelde in gelyke paaiemente oor ’n maksimum van 12 maande af te betaal wil onderteken, het ook tot 15 Mei tyd.
Dié datum sal aangepas word as die munisipale kantore nie amptelik op 4 Mei kan heropen nie.
Rente sal weer vanaf Januarie 2021 normaal gehef word.
Kontak Zanette Bothma by 028 713 8009 of per e-pos by zanette@hessequa.gov.za om ’n ooreenkoms te reël.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'