Die personeel het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die leerders oor herwinning in te lig en het produkte wat die bekende groen aktivis, David Benn, van optel materiaal gemaak het, ten toon gestel. Benn het ook die leerders toegespreek.

Neskuikentjie Kleuterskool se kleuters het saam met hul onderwysers die vieringe geniet.

Krombeksrivier Primêr se leerders spog hier met hul sonhoedjies en boeksakke wat die biblioteek personeel aan hulle geskenk het.