ALBERTINIA NUUS - Inligting is vanoggend ontvang van ‘n uil wat beseer was en langs die N2, 1km voor Albertinia (rigting Mosselbaai) aan die linkerkant langs die gras was.
Die vermoede bestaan dat die uil deur ‘n voertuig getref was.
Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society is dadelik in kennis gestel en sy het onmiddellik vir Nita Wessels van Albertinia Plaaswag gevra om ondersoek te gaan instel.
Na ‘n groot soektog, nie slegs by die aangeduide plek nie, maar ook heelwat verder, kon hulle egter nie die uil vind nie.
Lotz vra dat inwoners wat op beseerde diere afkom, hulle dadelik self in kennis stel indien hulle nie so ‘n dier self kan vervoer nie.
Vir meer inligting, skakel Lotz (082 962 1831).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'