SUID-KAAP NUUS - Tien wenke om eksamenstres te verminder
• Skakel alle afleidings uit en beplan jou tyd.
• Moenie nou met iets nuuts begin soos 'n nuwe verhouding of dinge beplan om jou CV te verbeter nie.
• Genoeg oefening en tyd saam familie is belangrik, maar moenie tydrowend wees nie. Oefen saam vriende en spandeer tyd rondom maaltye met familie.
• Beperk jou tyd op sosiale media en voor die televisie.
• Stel jou stophorlosie vir 25 minute vir elke taak en werk met volle aandag tot die alarm afgaan. Staan op en neem 'n blaaskans van vyf minute (doen strekoefeninge of stap 'n kort entjie).
Keer na jou boeke vir nog 'n ronde terug. Neem 'n blaaskans van ongeveer 30 minute waar jy kan doen wat jy wil na elke vier rondes.
• Weerhou jouself van sosiale media vir ten minste 'n week. Wanneer jy wel weer daarna terugkeer sal jy vind dat jy nie veel gemis het nie.
Aan die ander kant sal jou brein heelwat skerper word en moontlik selfs minder geneig wees om na onproduktiewe tyd en saai aktiwiteite terug te keer.
• Hou al jou boeke en alles wat jy nodig het bymekaar op jou werkspasie, sodat jy nie die eerste 15 minute van elke sessie moet spandeer om dit te doen nie.
• Weet waarmee jy jou tyd gaan spandeer - stel 'n doel vir elke sessie voor jy begin.
• Terwyl jy studeer, moet op niks anders fokus nie. Dink aan jou toekoms en hoekom jy nou so hard werk - wat jy met jou lewe wil doen en hoe jy daarheen gaan.
• En laaste maar nie die minste nie, sorg dat jy genoeg slaap - ten minste agt ure - inkry.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'