MOSSELBAAI NUUS - Die Belangegroep vir Aftreeoorde en Aanverwante Instansies in die Suid-Kaap (Baask) hou vanjaar sy algemene jaarvergadering op Vrydag 15 September by die Kenani-dienssentrum.
Tydens Baask se algemene jaarvergadering vanjaar sal twee geleentheidsprekers optree.
Danie Acker van die prokureursfirma, Rauch Gertenbach, sal die afgevaardigdes toespreek oor die wetlike aspekte omtrent veroudering en fokus op die regsprobleme en regte van die bejaarde. Hannes Barnard sal op sy beurt inligting verskaf in verband met die minimum loon betaalbaar aan werknemers en wat vanaf Mei 2018 in werking gestel moet word.
Instansies wat daarin sou belang stel om by Baask aan te sluit of as waarnemers die algemene jaarvergadering wil bywoon, kan in verbinding tree met Rolene van der Westhuizen van die Genevafontein-aftreeoord in George by 044 871 2429 of per e-pos by rolene@grv.co.za en met Bets Wilkonson van die Caves-aftreeoord op Oudtshoorn by 044 272 0883 of per e-pos by admin@thecaves.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'