RIVERSDAL NUS - 'n Bekende inwoner van Jongensfontein, en later Riversdal, Monica Bouwer is op Saterdag 4 November in die ouderdom van 99 jaar en 6 maande oorlede.
Monica Susanna
Bouwer is op 13 Mei 1924 gebore as 'n nooi De Villiers in die distrik Brandwag, Hartenbos. Sy was getroud met Evert Bouwer en het hulle drie kinders - Brenda Eksteen (Gordonsbaai), Eric Bouwer (Riversdal) en De Villiers Bouwer (Jongensfontein) gehad.
Sy laat ook agt kleinkinders, 13 agter-kleinkinders en 1 agteragterkleinkind agter.
Monica en Evert het tot en met hul aftrede in die Strand gebly waarna hulle op Jongensfontein kom aftree het. Sy was baie lief vir rolbal en het vir Stilbaai-rolbalklub vir baie jare gespeel.
Sy was baie bemind in die gemeenskap en 'n vriendin vir almal.
In 2012 het sy na Tehuis Jan Lange verhuis en 2014 word sy oorgeplaas na Ou Meule waar sy tot haar afsterwe op 4 November gebly het. Daar was sy met baie liefde versorg.
Haar dogter, Wilmien, het namens die familie hul dank uitgespreek aan Droom en Tehuis Ou Meule se personeel, susters, stafverpleegsters, verpleegsters en versorgers wat haar elke dag met soveel liefde versorg.
"Sy was lief vir elkeen van julle. Ook aan dr. Vicky van Wyk en dr. Edden Kift dankie vir julle omgee. Dr. Vicky was baie spesiaal vir haar.
"Sy het vir ons 'n mooi voorbeeld nagelaat hoe om 'n liefdevolle, omgeemens te wees.
"Rus sag ma Monica, ouma Monnie."
Van Eric en Wilmien, Div, Felicité en Brenda en al die kleinkinders en agterkleinkinders.
Die troosdiens is op Saterdag 11 November om 11:00 by Tehuis Ou Meule.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’