RIVERSDAL NUUS - Arthur Abrahamse, wat sedert 1994 ‘n inwoner by Huis Wallace Anderson in Riversdal is, is gister (3 Augustus) oorlede.
Arthur (49) was in HTS Belville op skool en het ‘n nekbesering in 1992 by Hoërskool PW Botha opgedoen.
Hy was aktief in die Riversdalse gemeenskap en het sy eie rugbyspan by die Hoër Landbouskool Oakdale afgerig. Hy was voorheen by Riversdal-rugbyklub betrokke en het ook modelvliegtuie gevlieg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'