Update
RIVERSDAL NUUS - Arthur Abrahamse, wat sedert 1994 'n inwoner by Huis Wallace Anderson in Riversdal is, is Woensdag, 3 Augustus oorlede.
Arthur (49) was in HTS Belville op skool en het 'n nekbesering in 1992 by Hoërskool PW Botha opgedoen.
Hy was aktief in die Riversdalse gemeenskap betrokke en het sy eie rugbyspan by die Hoër Landbouskool Oakdale afgerig. Hy was voorheen by Riversdal-rugbyklub betrokke en het ook modelvliegtuie gevlieg.
Arthur het gereeld aan die OCC Outeniqua rolstoelwedren, asook die Vlakte marathon deelgeneem. Hy het ook aan die nasionale rolstoelkampioenskappe deelgeneem.
"Hy was baie betrokke by die huis se aktiwiteite, veral die jaarlikse kermis se vleisafdeling, maar hy het die afgelope paar jaar baie met sy gesondheid gesukkel," het 'n woordvoerder by Huis Wallace Anderson gesê.
"Dit is met groot hartseer dat ons van Arthur afskeid neem en die inwoners, bestuur en personeel sal hom baie mis."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'