ALBERTINIA NUUS - Terwyl baie mense hul Mandeladag-projekte aangepak het, het van die susters van die AGS Emmanuel ook op 18 Julie 'n gemeenskapsprojek van hul eie gedoen.
Omdat daar so baie van die bejaardes is wat vergeet word en nie eens besoeke kry nie, is 'n projek van stapel gestuur om van die ou mensies te verras deur 'n besoek en geskenkie.
Maria 'Dikkie' Oosthuizen is die oudste inwoner van die tehuis en op 102 jaar geniet sy steeds redelike goeie gesondheid. Dit was onder andere vir hulle 'n groot voorreg om haar te kon besoek.
Jan Karelse wat op Dinsdag 3 Julie 79 jaar oud geword het, was in sy skik met sy geskenk.
Hulle bedank almal wat deel aan die projek gehad het en spesiaal aan die donateur, wat anoniem wil bly. Spesiale dank is uitgespreek teenoor al die bestuurslede en verpleegpersoneel wat so mooi na die bejaardes kyk.
Van links is Louise Refferty, Amanda Jordaan, Dikkie Oosthuizen en Sophia Gelderbloem. Foto's: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'