Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Bejaarde vrou het Dinsdagaand, 18 April, tragies gesterf toe haar houthuis deur 'n brand verswelg is.
Johanna Rossouw (68), alombekend as Juliana, se lewe is kortgeknip toe haar huis in Hoogstraat kort na die krag om 22:00 gisteraand aangegaan het, in vlamme uitgebars het.
Sy was alleen in haar huis.
Haar dogter, Myrtle, en haar twee kinders van onderskeidelik 3 en 10 jaar oud, was tydens die brand by haar kêrel waar hulle oornag het. Bure en vriende het hul bes probeer om die vlamme te blus, maar dit was alles tevergeefs.
Die polisie en nooddienste, waaronder die brandweer, was op die toneel maar kon eintlik niks red nie.
Daar word 'n dringende beroep op inwoners gedoen om vir Myrtle en haar twee kinders van hulp te wees.
Johanna Rossouw (68) wat in 'n brand gesterf het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’